Kerse & Dekor Bordjies wat Geloof Inspireer
Elke kers word met liefde, gebed en aandag in ons ateljee in Suid-Afrika handgemaak.
Ons Storie & Bediening
Ons glo ‘n kers is meer as net was en ‘n lont. Dis ‘n gebed wat brand. Dis genade wat glans in die donker.
Elke Genade Glans kers word met liefde, gebed en aandag in ons ateljee in Suid-Afrika handgemaak. Geen massaproduksie nie – elke bakkie word handgegiet, elke kers met die hand gemaak. Geen twee is identies nie.
Meer as 'n Maatskappy. 'n Bediening.
Genade Glans is gebore vanuit ‘n roeping – om lig te bring waar daar donker is, en die liefde van God in elke detail te laat skyn.
Elke produk in ons reeks word met sorg en geloof gemaak, met die doel om nie net ruimtes te vul met geur en lig nie, maar harte te herinner aan die waarheid van Sy genade.
“Laat julle lig so skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, kan verheerlik.”
Matteus 5:16
LIG • GENADE • HOOP
Waarom Genade Glans Anders Is
100% CocoSoy Wax
Natuurlik, vegan, en brand tot 45% langer en skoner.
Skoon & Veilig
Geen paraffien, geen ftalate, geen dieretoetse.
Handgemaak met Genade
Elke kers met die hand gegiet - geen twee is identies nie.
Herbruikbaar & Ewig
Word 'n juwele- of gebedsbakkie wanneer die kers klaar gebrand het.
Ons 3 Signature Geure
Chanel No.5 - Lig van Hoop
Ons luuksheid geur
Tydloos, elegant, sag – ‘n herinnering dat daar altyd lig is.
Sandelhout - Vaste Rots
Ons aardse, gegrondheid geur
Warm, houtagtig, kalmerend – die geur van stabiliteit.
Agarhout - Gegrond in Genade
Ons diep, heilige geur
Ryk en geestelik – die geur van gebede wat opstyg.